Mobi Groups
Download Free Apps & Games @ PHONEKY.com

grappiesJokes - Topics
Create Your Own App Store

* grappiesJokes > Topics


Subject: bankrotskap
Replies: 0 Views: 193

knormoer 18.08.13 - 05:12pm
Dit het alles in 1961 begin toe die geldstelsel van ponde na rande verander het, en my oortrokke bankrekening verdubbel het. Ek was net besig om daaraan gewoond te raak, toe bring hulle kilogramme in die plek van ponde en onse, en my oes verminder met die helfte.

Toe verander hulle die renval van duime na millimeter, en ons het sedert daardie tyd nog nie weer 'n duim ren gehad nie. Wat doen hulle toe? Bring 'n ding genaamd Celsius in en die temperatuur daal met twintig grade. Geen wonder my mielies wil nie groei nie. Asof dit nie genoeg was nie, verander hulle grond, van morge na hektaar, en my plaas se grootte verminder met die helfte van wat ek oorspr*nklik gerf het. Dit is toe dat ek besluit om die plaas te verkoop. En glo my. Ek het pas my plaas in die mark gesit, toe verander hulle myle na kilometer. Nou is my plaas so flippen vr uit die dorp, dat niemand daarin belang stel nie! *


* Reply
* grappiesJokes Forum


Search:
topics replies


* grappiesJokes

Create Your Own App Store

topTop
groupsGroups
mainProdigits

Create Your Own App Store